3 dae gelede
Twee dood tydens kapingspoging
Poging tot kaping.  ~ ter illustrasie

TWEE mans is dood geskiet tydens 'n kapingspoging van 'n polisiebeampte.

Die cop het Dinsdagoggend met sy privaatvoertuig saam met twee ander persone werk toe gery toe vier gewapende mans hulle omstreeks 05:20 in Mew Way in Khayelitsha nader.

Grace Langa, 'n woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, verduidelik die vier mans het probeer om die voertuig te kaap. Dit terwyl hulle vuurwapens op die insittendes gerig het.

"Die beampte het skote afgevuur in die rigting van die man wat aan sy kant van die voertuig was en ook skote in die rigting van die ander verdagtes wat hom by die verkeerskruising probeer kaap het." 

Sy voeg by: "Een van die mans is op die toneel dood en 'n tweede is gewond en na die Khayelitsha-daghospitaal vervoer, waar hy later aan sy wonde beswyk het." 

Twee ander verdagtes het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet.

"Twee imitation vuurwapens is op die oorledene gekry. 

"Die twee oorlede mans is as 19 en 20-jarige inwoners van die Island-informele nedersetting in Khayelitsha geidentifiseer." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters