6 dae gelede
Twee bang oor skollies dreig
VERSTERKINGS: Nog wetstoepassers is ontplooi om die situasie in die gemeenskap te probeer ontlont.  ~ Foto Verskaf

’N VROU en haar dogter leef in vrees omdat gangsters hulle treiter en dreig.

Dit volg nadat hulle verlede week in gangsters se kruisvuur beland het.

Volgens die vrou se ma is haar dogter en een van dié se tweelingdogters raakgeskiet.

Nog ’n vyfjarige meisie is gewond en is steeds in die Rooi Kruis-kinderhospitaal.

In die voorval het twee Ghetto Kids-bendelede en ’n Mongrel in ’n Quantum-taxi op ’n groep mense by Gallilee Court in Hanover Park losgebrand.

Die vrou sê haar dogter kry nou dreigemente van die skollies en hulle leef in vrees.

Hulle beweer ook die cops wil hulle nie help nie en het nog nie hul verklarings afgeneem nie.

Kerkleiers het Sondag­ ’n diens in Hanover Park gehou en na van die merts se huise gemarch en voor die huise gebid.

Intussen is 60 wetstoepassers Maandag in Hanover Park ontplooi juis oor die spanning hier so op ’n mespunt is.

In die afgelope twee weke het dit in dié gemeenskap behoorlik gerook gegaan en niemand kon in vrede ’n bestaan voer nie.

Memorandum

Volgens Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, is die wetstoepassers daar ontplooi om die cops misdaad te help bekamp.

Fritz, rdl. Antonio van der Rheede en kol. Jacobus Fredericks van die Philippi-polisiestasie het Vrydag vergader nadat die gemeenskap ’n memorandum aan die cops oorhandig het.

GEWOND: Die kind is versorg nadat ’n dwaalkoeël haar in die skietery getref het. Foto Verskaf

Die stasiekommissaris het in die vergadering sy plan uiteengesit om misdaad in die area hok te slaan.

Fritz sê: “Die sigbaarheid van die polisie en wetstoepassers in die area die afgelope naweek het misdaad in Hanover Park aansienlik laat afneem.

“Daar is nie plek vir bendes in ons gemeenskappe nie en die bendeskietery sal nie geduld word nie.”

Moerige inwoners het Vrydagoggend met ’n doodskis na die Philippi-polisiestasie gestap en die memo gaan oorhandig. Volgens hulle is hulle verby gatvol vir wat in hul gemeenskap aangaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters