14 dae gelede
Twaalfjarige neem glo eie lewe
Foto ter illustrasie. Foto: André Damons  ~ 

CLANWILLIAM se gemeenskap is in skok en rou gedompel na 'n 12-jarige kind na bewering sy eie lewe geneem het. 

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, het die kind se ma op sy lyk afgekom. 

"Die omstandighede rondom die kind se dood word nog ondersoek."

Son verneem die kind se ma het van die kliniek afgekom toe sy die grusame ontdekking maak. Die kind het hom na bewering met ‘n ketting opgehang. 

Hy is na die hospital geneem maar was met aankoms daar reeds dood. 

Na wat verneem word is die kind se ouers in ‘n toestand en moes sy ma in die hospital opgneem word.

  •  Die naam van die seun is bekend aan Son, maar word op versoek eers teruggehou.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters