17 dae gelede
Tronke vat nou aksie teen rona
tronk
Versigtig: Besmette bandiete is by Pollsmoor-gevangenis onder kwarantyn geplaas. Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ 

MET drie inmates in die Allandale-gevangenis wat nou ook met die corona-virus besmet is, het die departement van korrektiewe dienste sy rampbestuurstrategie geaktiveer.

Die drie bandiete is positief vir Covid-19 getoets nadat hulle in aanraking gekom het met vier van die bewaarders wat onlangs met die virus besmet is.

Gevangenes

Son verneem van een van die bewaarders die inmates is laas Donderdag oorgeplaas na die Pollsmoor-gevangenis, waar hulle nou in isolasie is.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe diens­te, sê soos die aantal besmette gevangenes vermeerder, het hulle nou dié baie belangrike stap gedoen.

Nxumalo sê hulle het gesondheidsorgspanne by die tronk aangebring met die geskikte beskermende drag (PPE) om noodgevalle te monitor, veral dié wat dalk asemhalingsprobleme kan ontwikkel.

Nxumalo verduidelik: “Die departement het ’n lys van hospitale waarna inmates oorgeplaas kan word indien hulle gehospitaliseer moet word.

“Veilige escorts sal aangestel word om beamptes en hospitale se risiko te beperk. Dít wat betref inmates wat hulp ontvang.

“Die ontsmetting van sentrums en administrasiekantore waar sake aangemeld is, is reeds gedoen.

“Dit is om te verhoed dat oppervlakke en voorwerpe besmet word.

“Besoeke sal beperk word en die departement se korrektiewe sentrums is ingelig­ om die limiet te verhoog van die bedrag wat inmates mag gebruik om items by die tuck shops te koop. Hulle sal toegelaat word om items by die tuck shop te koop terwyl social distancing gehandhaaf word.

“Ons het ook toiletries bymekaargemaak wat ons aan oortreders gee sodat hulle nie benadeel word nie.”

Nxumalo sê dis belangrik dat voorkomingsmaatreëls van krag bly sodat ander sentrums nie met Covid-19 besmet word nie.

Hy sê daar moet in gedagte gehou word dat korrektiewe sentrums kwesbaar sal bly in die areas waar die virus in gemeenskappe versprei.

Kwarantyn

Nxumalo verduidelik: “Amptenare wat byeenkomste bywoon en van hul huis na die werk beweeg, geniet aandag en word gescreen.

“Ons het ook mobiele kwarantyn sites aangebring wat met isolasie sal help.

“Die sentrums vir hierdie doel is reeds geïdentifiseer en voorbereid in alle provinsies.”

Hy het ook genoem hulle is gereeld in kontak met alle tronke en maak seker almal het die nodige hulpbronne.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters