6 dae gelede
Trok met lyke - papierwerk was in orde
Die vragmotor is in Somerset-Wes deur verkeersbeamptes afgetrek.  ~ Foto ter illustrasie: Verskaf

DIE begrafnisondernemer wie se vragmotor met 106 lyke in Somerset-Wes afgetrek is, het wel die voldoende papierwerk gehad om dit te vervoer.

Mark van der Heever, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê die vragmotor is deur verkeersbeamptes by die weegbrug in Somerset-Wes afgetrek. Daar is bevind dat dit overloaded was.

"Daar is bevind dat die begrafnisonderneming se papierwerk om die lyke na die Oos-Kaap te vervoer om veras te word, wel in orde was. Hy is gevolglik toegelaat om met sy reis voort te gaan," verduidelik Van der Heever.  

Van der Heever sê die departement het nie enige risiko aan die publiek voorsien nie.  

Daar word nog op bevestiging gewag of die lyke dié van mense is wat weens Covid-19 dood is. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters