2 maande gelede
Treinprobleme weens krag
 ~ 

DIE treindiens in die Wes-Kaap was vroeg Dinsdagoggend tussen Kaapstad-stasie en Soutrivier en Esplanade tydelik opgeskort.

Metrorail het Dinsdagoggend kort na 05:00 op sosiale media gesê hy ondervind sein-elektriese probleme op Kaapstad-stasie en weens dit word die treindiens opgeskort.

Verder word pendelaars aangeraai om van alternatiewe vervoer gebruik te maak tussen Soutrivier en Kaapstad en Esplanade en Kaapstad.

Tegnici van Metrorail kon die probleem kort voor 07:00 gedeeltelik oplos en treine kon die Kaap weer in en uit beweeg.

Metrorail het wel gemaan dat pendelaars vertragings kan verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters