2 maande gelede
Treinbrand ‘meganiese probleem’
foto ter illustrasie  ~ 

DAAR was gisteroggend geen treinbrand op die Strand-stasie nie.

Die deuntjie is gister deur Metrorail herhaal ondanks sosiale media wat die teenoor­gestelde sê.

Zino Mihi, ’n woordvoerder vir Metrorail, sê aanSon die brand het ontstaan weens ’n pantograph hook-up wat gemaak het dat die oorhoofse kabels los geskiet en “fire sparks” veroorsaak het.

Sy noem ook: “Volgens die tegniese spanne is die oorsaak ’n meganiese probleem en nie brandstigting soos elders berig nie.”

Gister 16:00 teen spitstyd was Metrorail-spanne nog besig om die diens op die noordelike lyn te herstel.

Muldersvlei- en Stellenbosch-treine is gister weens die voorval met meer as ’n uur vertraag.

Treine het op ’n enkellyn tussen die Kuilsrivier- en Blackheath-stasie beweeg.

“Metrorail vra om verskoning vir die ongerief,” sê Mihi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters