Verlede maand
#KYK: Treinbrand by Kentemade
kentemade,treinbrand
Treinbrand voorval net buite Kentemade-treinstasie.  ~ Verskaf

VYF treinwaens Saterdagaand omstreeks 18:00 net buite Kentemade-treinstasie in 'n treinbrand verwoes.

Riana Scott, woordvoerder vir Metrorail, sê: "Geen beserings is aangemeld nie en vyf treinwaens is verwoes of het aansienlike skade gely."

Sy voeg by dat die Monte Vista-spoorlyn weens die voorval tydelik gesluit is.

"Die lyn in beide rigtings sal heropen sodra dit veilig verklaar is."

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, asook die koste van die skade.

Scott noem dat die voorval ondersoek sal word om die oorsaak te bevestig. 

Net meer as 'n week gelede het 'n treinwa, wat op die stasie oornag het, by Retreat-treinstasie gebrand. Die betrokke voorval is deur Bonginkosi Madikizela, provinsiale minister van vervoer, veroordeel. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters