Verlede maand
Trane ná moord op onnie
df
Leerders het Dinsdag gesukkel om hul emosies te beteuel.  ~ Tracy-Lynn Ruiters

DIE skoolgemeenskap van Philippi is Dinsdag in rou gedompel na die moord op 'n onderwyser.

Die 52-jarige onderwyser van Heinz Park Primêr is om 07:45 op skoolgronde in sy kar doodgeskiet.

Twee verdagtes het hom na bewering in die parkeerarea geskiet terwyl hy besig was om sy Bybel te lees.

Bronne het aan Son vertel 'n leerder "het iemand geroep" om die onnie dood te skiet.

Die leerder is na bewering by 'n vorige geleentheid uit die onderwyser se klas gesit.

Ouers beskryf die onderwyser as 'n goeie man wat al vir jare by die skool was.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Traut sê die omstandighede rondom die voorval word nog ondesoek. Geen arrestasies is sover uitgevoer.

Traut vra enigeen met inligting om die misdaadlyn by 08600 10111 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters