Verlede maand
Tragedie tref ná geluk
trots: Ure voor haar dood het Nelli Tembe in die sosiale media gespog met die verloofring aan haar vinger. foto verskaf  ~ 

DIE een oomblik is die bekende rapper Kiernan Forbes, oftewel AKA, en sy verloofde, Nelli Tembe (22), nog dolgelukkig.

Die volgende oomblik lê haar liggaam op die grond by ’n hotel in die Kaapse middestad.

Tembe het na bewering gisteroggend 10 verdiepings ver na haar dood gespring.

Die celeb-paartjie was by die Pepperclub-hotel in Kaapstad tuis toe die voorval gebeur het.

Forbes en Tembe, vir wie hy laas week lobola betaal het, het glo ’n paartie van een van sy vriende bygewoon.

Selfmoord

’n Betroubare bron wat in die hotel bly, het aan Son bevestig hy’t gesien hoe ’n meisie van die 10de vloer afgespring het.

Die bron sê: “Ek het met my eie oë gesien hoe iemand selfmoord pleeg. Ek was baie verward. Ek het gesien hoe sy vanaf die 10de vloer spring.”

Op Forbes se Instagram- profiel is daar foto’s en video’s gelaai waarin die paartjie etlike ure tevore baie gelukkig voorkom.

Dit wys hulle eet saam met Forbes se bestuurder, Phumza Nohashe, en nog ’n vriend by ’n restaurant by die V&A Waterfront.

In die video’s kan ’n mens ook sien hoe die paartjie kort daarna by MaXhosa by Laduma­, die plaaslike ontwerper Laduma Ngxokolo se klerewinkel by die Waterfront, gaan inloer. Die tweetjies was ook later die aand by die nuwe club Ayepyep, waar bottels van AKA se Cruz Vodka vrylik gevloei het.

’n week gelede: Dié pragfoto is geneem toe die paartjie verloof geraak het nadat die rapper oor lobola gaan onderhandel het. FOTO verskaf

Forbes spog die hele tyd met sy verloofde en sy kom heel gelukkig voor.

Sowat drie ure voor Tembe se noodlottige val het hy nog ’n foto van haar op sy Instagram-profiel gelaai waar sy in ’n cropped wit top en kort swart broekie pronk.

Shawn Herbst, ’n woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring hulle is gisteroggend kort ná 08:00 uitgeroep na ’n hotel in Kaapstad.

Volgens Herbst het Tembe nog geleef toe die paramedics by die toneel opdaag.

Hy sê: “ ’n Verslag van die toneel lui dat ’n 22-jarige vrou na bewering vanaf die 10de vloer gespring en in die pad te lande gekom het. Terwyl die pasiënt gestabiliseer is, het haar toestand vinnig agteruitgegaan en sy is op die toneel dood verklaar.”

skokkend: Polisielede op pad na die toneel waar die jong vrou oor die reling van die balkon op die tiende vloer is. BO: ’n Cop kan op die balkon gesien word waar die tragedie gebeur het.Foto’s: LEON KNIPE

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig die Kaapstad-Sentraal-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek aangevra.

“Dit volg ná ’n voorval gisteroggend by ’n hotel waar die liggaam van ’n vrou (22) omstreeks 07:45 op die hoek van Loop- en Bloemstraat in Kaapstad dood gevind is.”

Volgens Van Wyk was misdaadspesialiste tot laat gistermiddag nog op die toneel op soek na leidrade oor wat tot die val kon lei.

Intussen het die blogger en vermaaklikheidskommentator Phil Mphela op Twitter bevestig dit was wel Tembe. “Die rapper se bestuur kan nie verdere inligting deel nie en het versoek dat ons die familie tyd gee om met die skok te deal.”

AKAFoto: city press

Ontroosbaar

Die Tembe en Forbes se families het laat gistermiddag ’n verklaring uitgereik waarin hulle haar dood bevestig.

In die verklaring noem hulle dat AKA ontroosbaar is en die families vra vir privaatheid om die skok te verwerk. Hulle het Tembe as ’n pragtige jong vrou beskryf.

trots: Ure voor haar dood het Nelli Tembe in die sosiale media gespog met die verloofring aan haar vinger. foto verskaf
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters