3 dae gelede
Traffic cop van motor beroof
Traffic authorities have had a busy time
Een van die Kaapstadse stadsraad se verkeersbeamptes is gekaap.  ~ Foto ter Illustrasie: Duncan Alfreds

'N KAAPSE verkeersbeampte is Dinsdag kort ná middernag van haar diensmotor beroof waarna die rowers dit gebruik het om 'n ander kar te hijack.

Maxine Bezuidenhout, verkeerswoordvoerder van die Stad Kaapstad, sê in 'n verklaring die beampte het pas haar kollega ná hul skof by die huis gaan aflaai toe sy deur 'n groep verdagtes voorgekeer is.

"Hulle het gevlug en volgens die polisie se inligting is die verkeersvoertuig later gebruik om 'n ander voertuig te hijack," sê Bezuidenhout.

"Albei voertuie is later op Old Faure Road naby die militêre basis gevind.

"Die verkeersbeampte is ongedeerd, maar uiters getraumatiseerd."

Sy ontvang tans behandeling.

Enigeen met inligting oor die voorval kan Stad Kaapstad se noodkommunikasiesentrum by 021 480 7700 of die polisie se misdaadlyn by 10111 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters