2 jaar gelede
Towenaar in die tuin dink buite die box
BLY GROEI: Renshia Manuel van Hanover Park maak ’n verskil.Foto VERSKAF  ~ 

GOEIE dinge kan ook uit Hanover Park kom.

Soos Renshia Manuel, wat die swaarkry van werkloosheid ken.

Maar sy het nie toegelaat dat haar omstandighede haar onderkry nie. Sy het met die dryfkrag van verantwoordelikheid vir haar gesin bly sorg.

Manuel vertel: “Ek was desperaat vir werk. Toe kry ek die idee om ’n groentetuin te begin en groente te verkoop.”

Die stad Kaapstad het juis daai tyd ’n kompetisie aangebied vir nuwe entrepreneurs.

Manuel het deelgeneem en derde gekom.

Dit het haar gehelp om haar tuintjie uit te brei na ’n volwaardige besigheid, Growbox.

Met die hulp van borgskappe bemagtig sy nou gemeenskappe in Philippi, Hanover Park en Khayelitsha deur mense te leer hoe om hulle eie groente te kweek.

Growbox se mense bied gereeld werksessies aan waar hulle die gemeenskap oplei om ’n soortgelyke besigheid te begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters