3 maande gelede
Top-hofman dood ná hy in ongeluk was
oorlede: Gavin Maggott het in ’n ongeluk gesterf.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

DIE Bellville-area se hofbestuurder, Gavin Maggott, is oorlede.

Maggott was Dinsdag in ’n motorfietsongeluk betrokke.

Volgens die Stad Kaapstad se verkeerswoordvoerder, Maxine Bezuidenhout, het die ongeluk op die hoek van Voortrekkerweg en Nordenstraat in Parow plaasgevind.

Bezuidenhout sê daar was ’n trok en motorfiets betrokke in die ongeluk, waarin ’n man in sy 50’s oorlede is.

“Die motorfiets het vanuit Nordenstraat regs in Voortrekker gedraai. Die motorfiets het binne-in die vragmotor gebots wat vanaf Bellville se kant in Voortrekkerweg aangekom het,” sê sy.

Maggott was baie bekend in justisiekringe.

Skok en ongeloof oor sy dood het die ronde gedoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters