Verlede maand
Tienermeisie se saak nou in streekhof
Kirvan Fortuin  ~ Foto Verskaf

DIE 15-jarige meisie wat daarvan verdink word dat sy Kirvan Fortuin vermoor het, het gister in Somerset-Wes se landdroshof voorgekom.

Die saak is na die streekhof oorgeplaas.

Die verdagte sal op 14 Desember op ’n klag van moord verskyn. Na wat verneem word, gaan sy by die geleentheid pleit op die klag.

Fortuin, ’n bekende balletdanser, is op 13 Junie vermoor toe hy naby sy huis in Macassar met ’n mes in die bors gesteek is.

Hy is in ’n motor by die plaaslike polisiestasie dood terwyl mense met hom na die hospitaal gejaag het.

Die tienerverdagte is dieselfde nag van die voorval in hegtenis geneem.

Fortuin se dood het skokgolwe deur die internasionale dansgemeenskap gestuur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters