10 dae gelede
Tiener vas vir seks met kids
Porn: ’n Groep minderjarige seuns en meisies van Scottsdene is glo seksueel aangerand en blootgestel aan pornografie.Foto:Melinda Stuurman  ~ 

'N SEUN (8) van Scottsdene moet noodgedwonge behandeling vir MIV ontvang nadat hy en 'n groep maatjies na bewering verskeie kere deur 'n 14-jarige klong verkrag is.

Die klong se siek “speletjies” het verlede Saterdag uitgekom toe die agjarige by sy oupa gekla het.

Van dié dade het plaasgevind in ’n skip (waarin die vullis gedump word). Ander kere was dit by een van die kinders se huise.

Die kinders sê die 14-jarige het hulle by tye ook porn laat kyk.

Daarna het hy dan gevra dat hulle ook seksdade met hom moet pleeg.

Ander tye het hy hulle games op sy foon laat speel in ruil vir seksuele gunste. Hy is Woensdag 4 September aangekeer.

Dít nadat die agjarige se familie die Saterdag ’n klag by die Kraaifontein-polisie gaan lê het.

MIV

By hulle aankoms is die seun eers na die hospitaal geneem vir ondersoek.

“Hy het ’n klomp medikasie gekry vir enige seksueel oordraagbare siektes en MIV. Net vir ingeval,” sê die outjie se een voog.

Die tienerseun het verlede week Woensdag in die hof verskyn, maar is weer in sy ouers se sorg vrygelaat.

Hy en sy beweerde victims woon in dieselfde gebied.

“Ons was baie geskok om te sien die kind is weer hier by die ander kinders.”

Die agjarige se voogde beplan nou om die kind by familie in ’n ander provinsie te laat bly.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die seun het laas Woensdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

Hy is dieselfde dag vrygelaat. Die verdagte verskyn weer op 1 November.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters