Verlede maand
Tiener met dwelms en vuurwapens betrap
Guns
Die polisie het beslag op pistole en ammunisie gelê  ~ SAPS Facebook

DRIE verdagtes, waaronder 'n tiener, is die naweek in Kensington in besit van 'n vuurwapen en ammunisie gearresteer.

Die arrestasie volg nadat lede van die Kensington-misdaadvoorkomingseenheid patrollies in die area gedoen het en skote gehoor het.

Die lede het vinnig reageer en met die hulp van die gemeenskap is drie verdagtes van 15, 28 en 32 gearresteer.

Daar is onder meer beslag gelê op 'n vuurwapen en ammunisie. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

In 'n onverwante saak het lede van die Wes-Kaapse vliegspan inligting ontvang or vuurwapens in Kraaifontein.

Die polisie het die plek deursoek en 'n pistool en geweer, asook ammunisie is gevind.

'n 30-Jarige verdagtes is ook in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters