Verlede maand
Teelplek van sonde
UNLAWFUL: Die Laws-gebou is ’n groot gevaar vir mense in die Plain.  ~ Jonathan Lestrade

LAWS is nou ’n spot vir lawlessness.

Dié verlate gebou op die hoek van The Cedars-laan en die Weltevreden-pad in Rocklands, Mitchells Plain, is volgens inwoners ’n disgrace en teelplek vir euwels.

Dit was destyds een van die gunsteling-plekke om te shop in die gebied. Dit het drie jaar gelede afgebrand.

Inwoners vertel hoe hulle van die vroeë oggendure tot laatnag rondom die gebou moet patrolleer omdat dit nou een van die grootste gevare in hul gemeenskap is.

Caroline Newton (43) vertel dat die plek nie net as ’n dumping site gebruik word nie, dis ook ’n plek waar prostitusie, drug-verkope en allerhande misdade plaasvind.

“Ons gee nie om wie eienaarskap van die gebou het nie. Ons vraag is hoekom gooi hulle nie totaal die plek af nie en maak iets vir ons jeug wat dit nodig het nie?

“Nou is dit dieselfde jeug wat die plek gebruik vir al die verkeerdste redes.

“Ons voel nie meer veilig nie en ons wil hê dat die Stad iets moet doen.”

Newton sê hulle is nie meer keelvol van op antwoorde wag nie, maar eerder gatvol.

“Ons pleidooi val elke keer op dowe ore. Wanneer gaan ons antwoorde kry?” wil sy weet.

“Of wag hulle tot iets regtig wreed hier moet gebeur?”

Linda Jones, ’n gemeenskapsaktivis, vertel hoe daar amper elke oggend iemand by die gebou beroof word.

Ondersoek

“Ons is moeg dat daar nooit reaksie op ons nood is nie. Gee vir ons as gemeenskap wat ons toekom – ons reg op veiligheid.

“Of is ons dan hier om mekaar uit te roei? Want dis duidelik dat hulle nie omgee vir ons nie.”

Die Stad Kaapstad het aan Son bevestig dat hy besig is om die aangeleentheid te ondersoek, maar het nog nie finaal uitsluitsel hieroor gekry nie.

WANNEER DAN? Caroline Newton wil weet wanneer die Stad vir hulle sal deurkom. Foto: Jonathan Lestrade

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters