5 maande gelede
Ouers vind dit moeilik om Tazne uit te ken
Tazne van wyk  ~ Foto Verskaf

DIE erg bedroefde ouers van Tazne Van Wyk (8) kon Dinsdag nie hul liefling meisiekind se lyk positief uitken by die Worcester lykshuis nie.

Hulle het geweier om te aanvaar dis hul meisiekind se oorskot.

Mammie Carmen Van Wyk en derra Terrence Manuel is Dinsdag by die lykshuis ingewag deur die Wes-Kaapse minsister van gesondheid dr. Nomafrench Mbombo.

Sy het die onaangename taak gehad om die ouers na die lyk te neem.

Die minister was vergesel van maatskaplike werkers wat gereed gestaan het om berading aan die ouers te gee.

Mbombo het na die tyd gesê: “Die ouers gaan tans deur ’n moeilike tyd. Omdat dit ’n tyd geneem het om die liggaam op te spoor het ontbinding al ingetree.”

Die ouers dring egter nou aan op meer DNS-toetse om hul kind positief uit te ken.

Mbombo voeg by: “Dis baie traumaties vir die ouers.”

Tazne was sowat twee weke soek voor die uitwysing in die stormwaterpyp buite Worcester langs die N1 deurpad gemaak is.

Intussen is DNS monsters weg gestuur vir DNA toetse.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters