13 dae gelede
Taxi's maak vol
taxi
Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ 

HAAL uit die laptops en skuif op, die taxi's maak weer vol vanaf Maandag.

Volgens die Suid-Afrikaanse nasionale taxiraad gaan die taxi-bedryf voort om passassiers teen 100% kapasiteit te vervoer.

Phillip Taaibosch, president van Santaco, verduidelik hul besluit kom omdat die vereniging geen samewerking van die regering ontvang nie. Dit nadat vergaderings met die minister van vervoer, Fikile Mbalula, nooit gerealiseer het nie.

“Ons is daarvan bewus dat daar beslag gelê kan word op taxis en indien dit die geval is, is ons gedwing om taxis in die land tot stilstand te bring tot wanneer die waarop beslag gelê is terug gegee word.

Santaco noem dat hulle steeds gehoor sal gee aan gesondheidsregulasies om te saniteer end at alle pendelaars ‘n masker moet dra.

Verder beloof die vereniging ook dat daar geen geweld sal wees nie.

News24 berig Mbalula het ‘n beplande vergadering Sondag gekanselleer met die unies, wie onderhandel het om meer passassiers te vervoer en om provinsiale grense oor te steek.

Ayanda Allie-Payne, woordvoerder van Mbalula, sê: “Die minister moet eers vanaf die nasionale corona-virus beheerraad hoor wat is hul besluit oor die inter-provinsiale reis-reëls en ook om pendelaars teen 100% kapasiteit te vervoer.”

Sy voeg by dat dit eers Dinsdag kan geskied en die besluit dan as regulasie afgeteken moet word. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters