Verlede maand
Taxi's keer terug na sekere gebiede
Image supplied by Creative Graphics International.
'n Beperkte aantal taxi's was weer in sekere gebiede te sien.  ~ Foto ter illustrasie

'N BEPERKTE aantal taxi's het Donderdag weer in sekere gebiede begin ry.

Luidens 'n verklaring van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke het Codeta se taxi's weer in Delft en Vrygrond begin ry.

Dit kom nadat daar geen taxidiens die afgelope week in dié gebiede was nie. Codeta het ook beperkte dienste by die Kaapstadse stasiedek gelewer.

Die beperkte taxidienste in die Kaap kom nadat Daylin Mitchell, LUR oor vervoer en openbare werke, kennis gegee het van sy besluit om die B97-roete tussen Mbekweni in die Paarl en Bellville te sluit.

Die roete is die afgelope Maandag vir 'n tydperk van twee maande gesluit.

Mitchell sê in ’n verklaring die besluit om taxidienste voort te sit, moet geloof word.

"Dit is 'n uiters moeilike tydperk vir baie gemeenskappe in die breër Kaapstad-streek en het 'n impak op die lewens van veral armer inwoners," sê Mitchell.

"Dit is hoekom dit my topprioriteit is om 'n langblywende oplossing vir die dispuut te vind en hoekom ek 'n aantal stappe geneem het in ooreenstemming met my magte as provinsiale minister."

Mitchell sê sy departement fokus nou om verskeie geskille op te los terwyl die oppergesag van die reg gehandhaaf en passasiers veilig gehou word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters