7 dae gelede
Taxigeweld raak ook Eskom
An electricity pylon stands beyond an Eskom sign a
 ~ 

NIE eens Eskom het krag vir die voortslepende taxigeweld in die Wes-Kaap nie.

Die kragreus het Dinsdag aangekondig dat hy sy wit minibustaxis van die paaie gaan afhaal.

Eskom verduidelik in 'n verklaring: "Die taxigeweld hou 'n bedreiging in vir die veiligheid van ons werkers, wat in voertuie ry wat soos die taxi's lyk."

Daar word verder genoem die werkers beweeg veral in die hotspot-gebiede.

Dit maak dat Eskom se instandhouding- en ondersteuningspanne, wat van die werkvervoer gebruik maak, in gevaar kan wees.

"Ons wil nie hê dat hulle misgis moet word met die pad taxi's en as teiken gesien word nie.

"Weens die bedreiging sal alle Eskom-minibussies van die pad af gehaal word."

Die staatsbeheerde instelling noem dat die nagevolge van hierdie besluit is dat dit sy vermoë om belangrike diens in sekere gebiede te lewer nou sal beperk.

"Eskom sal voortgaan om aandag te gee aan alle ander foute, waar hierdie voertuie nie nodig is om gebruik te word nie.

"Daar kan egter ongelukkig 'n beduidende vertraging wees met die herstel van elektriese-toevoer. Dit beteken dat sommige inwoners dalk langer sonder elektrisiteit kan wees."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters