22 dae gelede
Taxi-unies kry voorstelle vir hul 'fights'
taxi
LEEG: Die taxi rank is verlate nadat nog skote daar geklap het.  ~ 

SEDERT die begin van die jaar tot 17 Augustus was daar 56 taxi-verwante moorde en 32 poging tot moorde in die Wes-Kaap.

Oor die afgelope drie jaar 106 arrestasies gemaak, wat insluit in sake van vanjaar, met 54 sake wat tans op die hofrol is.

Bonginkosi Madikizela, die Wes-Kaapse minister van vervoer, sê in 'n poging om die taxi-verwante geweld en moorde aan te spreek het hy met leiers van beide Cata en Codeta vergader.

"Taxi-unies wat aan die twee liggame geaffilieerd is, was betrokke in aanvalle en hits soos wat daar oor beheer oor taxi roetes en ranks regoor die Wes-Kaap baklei word.

"Ons huidige hotspots sluit in Bellville, Houtbaai, Masiphumelele, Mbekweni en Ceres." 

Madikizela noem dat hy beide vergaderings begin het deur te waarsku oor die moontlike sluiting van taxi ranks en roetes indien die geweld en skietery nie dadelik gestaak word nie.

Volgens hom is die vergaderings ook gehou vir die leierskap van die unies om vrylik te kan praat oor die onderliggende oorsake van die spanning en geweld, vanuit hul oogpunt.

"Die leiers van beide unies het hul bekommernisse en klagtes, saam met voorstelle gemaak." 

Madikizela noem dat hy en amptenare van sy departement het die punte gevat en oplossings saamgestel, wat aan beide partye en betrokke munisipaliteite vir hul insette gestuur is.

"Van die resolusies sluit in dat Cata, Codeta en hul geaffilieerde unies by die wet sal hou." 

Die finale resolusies sal deur die twee unies, provinsiale regering en die Suid-Afrikaanse nasionale taxi-raad, op 'n later datum, aangekondig word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters