3 maande gelede
Taxi driver in sy kar beroof
pasop: Cops waarsku taxi drivers.Foto ter illustrasie: charles pullen  ~ 

’N MAN (45) en vrou (27) wat na bewering ’n taxi­bestuurder beroof het, is gearresteer.

Die 22-jarige taxibestuurder het die couple by ’n huis in Delft-Suid opgetel. Hy kon die polisie later na dieselfde huis neem, waar die twee gearresteer is.

Die polisie het ’n waarskuwing uitgestuur waarin taxibestuurders wat online operate gevra word om versigtig te wees vir verdagtes wat hulle as passasiers voordoen.

Die waarskuwing kom nadat die betrokke taxi driver uitgeroep is om ’n paartjie op 6 Augustus om 18:30 in Delft-Suid op te tel.

Kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, sê die vrou het gesê hy moet wag, want nog mense is op pad.

“Nog vier mans het in die taxi ingeklim. Hy is gevra om Kuilsrivier toe te ry.

“Iemand het die taxi se handbriek opgepluk en hy is beroof.

“Hulle het gesê hy moet die inligting van sy foon afhaal.

“Die vrou het hom deursoek terwyl ’n man hom met ’n vuurwapen aangehou en van agter vasgehou het.”

Volgens Van Wyk het hulle na ’n bosagtige area in Delft-Suid gery waar hulle die man se klere, selfoon en geld gevat het.

Die driver het Donderdag 8 Augustus die saak by die polisie gaan aanmeld.

Son verneem die man het die cops na die huis geneem waar die man en vrou bly.

Hulle is albei gearresteer.

Van Wyk sê die twee het die polisie gaan wys waar die selfoon is by ’n ander huis en het ook R350 gekry.

Nog arrestasies kan verwag word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters