Verlede maand
Tavern-eienaar sê cops besteel haar
AGU
Ontevrede: Valerie Maan vertel dat AGU cops haar plek omtrent omgedol het.  ~ Jonathan Lestrade

“LEDE van die teenbende-eenheid het my besteel en die tape gevat wat die evidence op het.”

Só vertel Valerie Maans (47) van Eersterivier. Maans is die eienaar van die Stuck on You Tavern, wat vir meer as 12 jaar al wettig bedryf word.

Sy vertel dat sy in dié 12 jaar nooit probleme met die law gehad het nie.

“Nie ’n mes-steek, nie ’n bakleiery... niks. Maar dis hoe hulle ’n mens treat.”

Sy verduidelik dat die lede op 6 Junie full-force by haar tavern ingestorm het en haar klante, sowel as haar werkers, getraumatiseer het.

“Dit was op ’n Sondagmiddag toe ek oor die moeilikheid buite ingelig is. Die polisie was buite in die straat en het mense gesearch.

“Ek het nie uitgegaan nie, want dit het niks met my of my plek te doen nie.”

Maans sê skielik het die lede by haar plek ingebars en almal beveel om op die vloer te lê.

“Almal het geluister en ek het hulle ingelig dat ek die eienaar is. Ek het hulle toegelaat omdat ek niks het om weg te steek nie, maar toe hardloop hulle na my kamer en begin alles omkrap.”

Kameras

Sy was baie geskok omdat sy steeds nie geweet het waarvoor die lede daar was nie. Sy sou later uitvind dis omdat hulle vuurwapens en gangsters gesoek het.

“Die een ou het my gevra waar die hard drive vir die kameras is. Ek het toe eers later agtergekom dat hulle die hard drive gevat het en ook ál die kameras voor stukkend geslaan het.

“Ek dink regtig dis omdat hulle nie wou hê ek moet evidence hê oor hoe hulle aangegaan het nie, want hulle het niks gekry nie.”

Sy sê sy het nie net kameras verloor nie, maar ook haar customers se vertroue.

“Daar is foto’s van my klante gevat. Hulle het gesê dat dit vir hul profiele is, maar toe word daai foto’s viral in die sosiale media versprei met almal se name by. My man se naam is ook deur die modder gesleep, want volgens die viral boodskap het hulle hom gearresteer, maar dis ook nie waar nie.

Intimideer

“My seun se kar-nommerplate is ook gedeel. Nou word hy elke keer gestop. Hoekom?

“Ek wil hê hulle moet ’n regstelling maak, want ons het niks verkeerd gedoen nie.

“Hulle is die mense wat van ons gesteel en ons goed beskadig het.”

Sy voeg by dat sy alle vertroue in die cops verloor het.

“Hulle is daar om ons te protect, maar kyk hoe intimideer hulle ons en hoe hulle my klante getraumatiseer het.”

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het haar aangeraai om ’n saak by enige polisiestasie te open of die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat te kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters