9 dae gelede
Tandbabatjies laat die oë rek
VERBAAS: Shanique October sê klein Rayden se tande het haar verstom.  ~ Foto Verskaf

DIS nie aldag dat babas die wêreld inkom met tande wat reg is vir kou nie.

Twee mammies van Haarlem spog het hul babas wat met tandjies gebore is.

Rayden Cam­pher en Octavia October is albei verlede maand in die George- hospitaal gebore – met twee tandjies in die mond.

Rayden en Octavia is niggie en nefie.

Hul ouers is baie opgemaak met die spesiale babas wat met tandjies en al gebore is.

Rayden is op 17 Oktober gebore en sy niggie Octavia reeds op 1 Oktober.

Volgens ’n familielid is dit nie die eerste keer dat so iets in die familie gebeur nie.

Die familielid sê: “Die ma’s het nog nie so iets gesien nie.

“Hulle was geskok en kan dit nie glo nie.

“Ek het dit al gesien toe een van die familie se seuns wat nou 18 jaar oud is, ook met ’n tand in sy mond gebore is.

“Die babas se tandjies pla hulle nog nie.

“Hulle is seker nog te klein en drink nog aan hul mammie. As die tandjies later begin sny, sal dit hulle seker pla, maar vir eers is hulle stroopsoet.”

Rayden se mammie, Shanique October, sê: “Ek het my flou geskrik toe ek sien my baba het tandjies in sy mond.”

Octavia se ma, Edwina October, laat hoor: “Ek was baie verbaas om te sien my kind is met tandjies reeds in haar mond gebore.

Sy voeg by: “Ek het verwag dat sy huilerig sal wees, maar sy is ’n soet baba.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters