7 dae gelede
Tamaryn en Ze hou tradisionele troue
Beeldskone bruid
Tamaryn Green lyk pragtig in ’n pragtige blou off -the -shoulder-rok met ’n bypassende kopstuk.  ~ Verskaf

DIE voormalige Mej. Suid-Afrika dr. Tamaryn Green se tradisionele troue met Ze Nxumalo was die naweek.

Jissie, maar die boorling van die Paarl het pragtig gelyk in ’n pragtige blou off -the -shoulder-rok met ’n bypassende kopstuk.

Die voormalige waterpolo-speler, prokureur en suksesvolle sakeman, het sy bruid verwelkom in sy tradisionele Zoeloe-klere.

Tamaryn het ‘n hele paar pragtige kiekies van haar tradisionele troue Sondagoggend op haar sosiale media gelaai.

Beeldskone bruid
Tamaryn Green lyk pragtig in ’n pragtige blou off -the -shoulder-rok met ’n bypassende kopstuk.

Ze het April op sy knieë gegaan om die beeldskone mediese dokter om haar hand te vra. Kort daarna (in Junie) het hy lobola vir haar betaal.

Die twee duifies het in 2018 begin date en in 2019 het hulle hul eerste verskyning as ’n paartjie op die rooi tapyt by die Style Awards gemaak.

Geluk aan die pragtige paartjie, mag daar nog vele wonderlike jare vir hulle wees!

Ons hou ons oë nou op die paartjie, want die wit-troue gaan vermoedelik binnekort in die Paarl gehou word.

Hoera
Mej. Suid-Afrika dr. Tamaryn Green en Ze Nxumalo se tradisionele troue was die naweek.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters