10 dae gelede
Talle sterf naweek op paaie
kommerwekkend: Kenny Africa sê die aantal ongelukke worry hom. Foto: wesley martin  ~ 

VIER mans van Mitchells Plain is Saterdag in ’n gru-ongeluk dood.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 03:30 op die R44-pad by Stellenbosch naby die plaas Mooiberge gebeur.

’n Vyfde man is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Hulle het in ’n silwer Toyota Corolla gery. Die vier oorledenes is op die toneel dood.

  • Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê 18 mense is die afgelope naweek in verskillende ongelukke in die Wes-Kaap oorlede. “Dis baie kommerwekkend, veral in die lig daarvan dat die feestyd op hande is.”

Volgens Afrika is 3 744 motors in verskillende padblokkades die naweek gestop. Daar is 1 228 bestuurders vir dronkbestuur getoets, waarvan 32 vir dronkbestuur gearresteer is.

  • Nog vier mans is in Caledon, Beaufort-Wes en Mosselbaai vir roekelose bestuur gearresteer.

Altesame R720 600 se verkeersboetes is vir verskeie verkeersoortredings uitgeskryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters