Verlede maand
Talle skole leeg ná taxi-geweld
skoolbanke
Bly weg: Baie skoolbanke het aan die begin van die week leeg gestaan.  ~ _jonathan lestrade

’N GEBREK aan openbare vervoer weens die dreigende taxi-geweld het vroeër vandeesweek skoolbywoning erg geraak.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sê die skole wat veral in dié verband geraak is, is dié in die Kaapse middestad.

Dis weens die feit dat talle leerders by dié skole daagliks van areas op die Kaapse Vlakte reis.

Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, sê sommige skole ’n bywoningsyfer van net 50%.

Hammond sê verder: “Een taxi-vereniging wat leerders privaat vervoer, ry tans nie weens dreigemente van geweld.

“Dit dra daartoe by dat bywoning laer is as gewoonlik.

“Ons is egter dankbaar dat daar tot dusver nog geen voorvalle van geweld aangemeld is wat leerders raak nie.”

Hammond moedig ouers aan om gebruik te maak van alternatiewe vervoer waar moontlik. Sy sê ekstra treine en busse is beskikbaar gestel.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, het Dinsdag drie skole in Khayelitsha besoek om te sien hoe die tweede dag van die nuwe kwartaal verloop het.

Volgens haar is bywoning by een van dié skole weens vervoerprobleme beïnvloed deurdat 175 leerders afwesig was.

Sy sê dis omdat taxi’s nie gery het nie en diegene wat ander vervoer bied, word geïntimideer.

Sy sê egter sy is in die algemeen beïndruk met die reëlings wat die skole getref het en sy sien hulle doen hul bes onder moeilike omstandighede.

Veiliger

“Die meeste van hulle (onderwysers) het inentings gekry in die tydperk toe die onderwysers geprioritiseer was,” voeg sy by.

“Ek is ook bly dat hulle ’n bietjie veiliger voel as gevolg daarvan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters