6 maande gelede
‘Talle sê daai’
aktivis:Henry Arends meen baie verkragtings kon gekeer wees as die stelsel beter was.Foto: TRACY-LYNN RUITERS  ~ 

ANDREW “Mal Piet” Rudolph sê hy is ’n ­pa­siënt by die Lentegeur-hospitaal.

Hier word hy glo vir ski­sofrenie behandel.

Rudolph (52) het gister die eerste keer in die Mitchells Plain-streekhof verskyn.

Die gemeenskap van Tafelsig het die ou “Mal Piet” gedoop omdat hy glo ’n ou kalant is wat altyd mal speel. Hy staan tereg op ’n klag van verkragting nadat hy ’n sewejarige meisie na bewering in haar ouerhuis in Dassenbergstraat, Tafelsig, verkrag het.

By sy vorige verskyning in die landdroshof het dit aan die lig gekom dat Rudolph in 2003 op twee klagte van seksuele aanranding skuldig bevind is.

Hy het ook ’n verdere skuldigbevinding van verkragting op sy naam waarvoor hy 12 jaar tronkstraf gekry het.

Die hof het ook gehoor dat Rudolph matig psigoties is en om daai rede kan hy nie die verhoor verstaan nie.

Landdros Walter Golding het toe die saak na die streekhof oorgeplaas sodat Rudolph vir waarneming gestuur kan word.

By sy eerste verskyning gister in die streekhof het Rudolph kalmer voorgekom en selfs omgedraai en met mense in die hofgalery ge-smile.

Rudolph het sy regshulp-lawyer ingelig dat hy ’n buitepasiënt by Lentegeur is en behandeling vir skisofrenie ontvang.

’n Antie het kliphard in die hof opgemerk: “Daar speel hy weer mal.”

Henry Arends, voorsitter van die Mitchells Plain-krisisforum, sê gister buite die hof dat hy ontsteld is dat so baie beskuldigdes graag die siek- of mal-kaart gebruik.

Hy sê: “Dit maak nie saak as jy mal of siek is nie.

“Wat van daai kind wat die misdaad deurgemaak het?

“Die justice sys-tem behoort ook ’n strafsisteem teen ouers te hê.”

Arends sê voorts dis so belangrik om ’n seksoortreder-register te hê in gemeenskappe.

“Hoe lank veg ons nie daarvoor nie? Ons sê nie dat die regering dit ’n publieke dokument moet maak nie, maar gee dit vir organisasies wat met verkragtingsake werk sodat ons die nodige werk kan doen.

“Sou ons so ’n register gehad het, sou dié voorval en baie ander vermy kon word.”

Die saak is tot 27 Februarie uitgestel sodat die ondersoekbeampte ’n verslag van die hospitaal kan kry oor Rudolph se toestand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters