Verlede jaar
Talle herbou hulle lewe
HULP: Inwoners van Overcome Heights in Muizenberg wie se hokke afgebrand het, ontvang gister water en klere.Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

HONDERDE inwoners van die plakkerskamp Overcome Heights in Muizenberg wag nog op boumateriaal nadat hulle hokke afgebrand het.

Meer as 300 blyplekke het Donderdag in ’n verwoestende brand tot op die grond afgebrand.

Brandweerpersoneel het tot Vrydag in die oggendure gesukkel om die brand te blus.

Living Of Hope, ’n nie­regeringsorganisasie, het gister water en klere aan die inwoners uitgedeel.

Sommige van die inwoners het boumateriaal gekry om weer te bou. Die meeste van die inwoners het al hulle hokke begin opslaan.

Vlug

Volgens Gail Williams (31) wag sy nog op materiaal om haar hok te herbou.

“Die een oomblik het ons nog lekker gesit en gesels in ons hok. Die volgende oomblik moes ons vlug voor die vlamme.

“Ons kon niks red nie. Ek het ál my meubels en klere in die brand verloor.”

Nikita Oliver (28) sê: “Die vlamme was so erg, ons kon net ’n paar stukke klere red en vlug. My boyfriend was by die werk toe die brand begin het.

“Net ek en sy ma was tuis en ons kon nie veel uit die brand red nie.

“Die kinders het hulle skoolklere verloor.”

Volgens Oliver het net 140 inwoners reeds boumateriaal ontvang en wag die ander nog op hulle boumateriaal.

Niemand is in die brand beseer nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters