12 dae gelede
Talle doen voedselvergiftiging op
The poison is a green liquid in a glass vial. A de
’n Groep mense het na bewering voedselvergiftiging opgedoen in Seawinds.  ~ 

SEWE-en-dertig mense is Woensdagaand in die hospitaal opgeneem na 'n beweerde voedselvergiftingsvoorval in Seawinds in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, 'n woordvoerder vir ER24, verduidelik met hul aankoms op die toneel in St. Patricklaan het hulle heelwat volwasse en kinders gekry wat by twee informele wonings saamgedrom het.

'n Aantal mense het na bewering almal dieselfde kos geëet, voordat hulle begin maagkrampe, naarheid en braking ervaar het.

"Met behandeling op die toneel is gevind dat sewe en dertig mense, wat heelwat kinders insluit, kla oor erge maagkrampe, naarheid en braking.

"Die pasiënte is almal op die toneel behandel, voor hulle na nabygeleë klinieke vervoer is."

Die voorval word nog verder ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters