2 maande gelede
Amptelike begrafnis vir geliefde Chester
y
Breyton Paulse by Chester Williams se roudiens wat by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is.  ~ jonathan lestrade

'N AMPTELIKE provinsiale begrafnis sal gehou word vir die oud-Springbok-vleuel Chester Williams. 

Die presidensie het Woensdag dié aankondiging emaak.

Die begrafnis word Saterdag gehou by Nuweland, die tuiste van die Westelike Provinsie, een van die spanne wat Williams in sy loopbaan verteenwoordig het.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook gevra dat die landsvlag op die dag van die begrafnis halfmas moet hang in die provinsie.

Talle mense het Woensdag hulde aan Williams by die Universiteit van Wes-Kaapland gebring. 

Hy was voor sy dood aan verlede Vrydag aan 'n hartaanval nog hoofafrigter van UWK se Varsitybekerspan.

Francois Pienaar, kaptein van die 1995 seëvierende Wêreldbekerspan en spanmaat van Williams, was onder die bekendes wat die diens bygewoon het.

Pienaar sê hy was geskok toe hy die nuus hoor en "kan dit nou nog nie glo nie".

Breyton Paulse, self 'n oud-Springbok-vleuel en vir wie Williams 'n held was, onthou Chester as "die laggende Springbok".

Paulse en Williams was gholf-maatjies.

"Vir so lank as wat ons self gholf gespeel het, was Chester eintlik nooit ernstig nie. Hy was 'n kalm en rustige ou," sê Paulse.

Jerome Paarwater, 'n rugby-afrigter en een van Williams se goeie vriende, sê dit sit nie in enige een se pype om 'n Wêreldbeker te wen, 'n boek te skryf én 'n bier bekendstel wat na jou vernoem word nie.

Die begrafnis begin Saterdag om 12:00





Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters