Verlede maand
Talle blame Ramaphosa vir Tazne se moord
Tazne van Wyk.  ~ Verskaf

DIE hartseer nuus Donderdagoggend van die kleine Tazne van Wyk het meer as net haar familie en vriende geruk.

Haar dood het ’n hele nasie in rou.

Talle het woede uitgespreek op sosiale media en blameer die land se regstelsel vir die kleintjie se dood.

Op Son se Facebook-blad het talle ook hul mening oor die voorval gelig.

Louise Koekemoer skryf: “Ek is so kwaad. Ek bid al vir Tazne vandat sy weggeraak het en ek was bitter hartseer toe ek verneem dat Tazne vermoor is. Daai man is ’n monster en ’n gemors! Hoekom haar dood maak? Ek kan my nie indink waardeur daai pragtige dogtertjie alles is nie. Dis vir my erg en wreed wat hy gedoen het.”

Talle hou pres. Cyril Ramaphosa ook verantwoordelik vir die moord op die agtjarige.

Marietha Meynhardt sê: "Dagvaar die minister van polisie en ook vir Cyril. Mense sit vir moord, dan word hul begenadig deur die staat. Hulle doen dan net weer dieselfde ding. So, die ministers is verantwoordelik vir die kinders wat gesterf het. Genoeg is nou genoeg!”

Op talle wie net haar naam ken se Facebook profiles pronk die pragpoppie se mooi gesiggie.

Bretima Lee skryf: "Die hele land is vandag in rou oor ’n klein dogtertjie wie se dood so onnodig was. Sien mnr. president hoe huil jou land? Hoe smeek ons vir beskerming vir daai onskuldige bloedjies? Voel die land se regsgeleerdes die seer of kyk julle net verby?

Pangarker het Vrydagoggend in die Goodwood-landdroshof verskyn op klagte van onder meer ontvoering en moord.

Die saak is uitgestel tot 17 April 2020.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters