15 dae gelede
Talle bid vir Tazne se veilige terugkeer
tazne van wyk, biddiens
Talle het vir die diens voor Tazne van Wyk se ouerhuis Maandagaand byeen gekom.  ~ Jonathan Lestrade

NET soos gemeenskappe van regoor die Kaapse Vlakte saam gekom het om vir Tazne van Wyk te soek, het hulle ook byeengekom om vir haar te bid.

Maandagaand het inwoners, familie, vriende, vreemdelinge en selfs mayor Dan Plato vergader om vir die meisie van Elsiesrivier se veiligheid te bid.

Die diens is voor kleine Tazne se huis gehou, van waar sy Vrydagmiddag net spoorloos verdwyn het. Tazne is laas gesien toe sy na ‘n huiswinkel net oorkant haar huis gestap het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters