25 dae gelede
Talent is Sondag weer op display
Pryse: Deelnemers by al die trofeĆ« wat op die spel is. Johnny Baartman (voorsitter) staan in die middel voor.  ~ Garnett Wicomb

OUDTSHOORN. – Die finale in die jaarlikse Gospel-talentkompetisie van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) vind Sondag plaas.

Dit word in die kerksaal van die Anglikaanse Kerk St. Simons aangebied.

Volgens Phillip Seroux, die forum se projekbestuurder, was dit ’n moeilike taak om die finaliste te bepaal.

Die kompetisie is ’n geleentheid wat die Oudtshoorn Christelike Jeugforum aan jong mense van die Verestad en die distrik bied om blootstelling te kry vir moontlike deel­name aan groter kompetisies soos SA’s Got Talent.

“Ons het baie talent wat net ontgin moet word,” sê Seroux.

Behalwe die optrede van die finaliste sal talle sanggroepe, sangers en kore ook in die voorprogram optree.

Die Choraleers, Oudtshoorn Korrektiewe Dienste, die Welgeluk-familiekoor, Joey Hufke, Lizelle van Hanzen, Jim Dido en Vriende, Godfrey Lottering en die koor van die Polisie Akademie sal hulle ding doen.

Die geleentheid begin reeds 15:00 en toegang is net R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters