2 maande gelede
Syfers ’n klap in armes se gesig
Moord-tyd: Tonele soos dié is al so algemeen soos grond vir onse mense. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

DAAGLIKS blaf die gunne. Bloed vloei. ’n Nommer val oor bloed getrek is.

Vroue en kleintjies storm om te gaan tjek wie nóú weer dood in die straat lê.

Vir onse mense van die Kaapse Vlakte is geel polisielinte en lyk­waens al ou nuus.

Dus sal eyebrows nie lig oor die misdaadsyfers wat ten hemele geklim het nie.

Die stats wys dan ook 10 van die 30 polisiestasies in die land wat met die meeste moord moet deal, is in die Kaapse metro.

Een van dié polisiestasies is die een in Bishop Lavis, wat ook woonbuurte soos Bonteheuwel insluit.

Henrietta Abrahams, ’n gemeenskapsleier in Bonteheuwel, sê sy het deur die jaar gesien wat gebeur en besef hulle gaan nie ver agter Nyanga wees wat misdaad betref nie.

Abrahams sê: “Die regering het die armstes van die armes in die steek gelaat.

“As jy na al die probleemgebiede kyk, is dit waar die armstes bly. Dis oor werkloosheid so hoog is.

“Die fight teen misdaad gaan nie net oor wat die polisie kan doen nie. Dit makeer ’n breër benadering van alle staatsdepartemente.

“Ek dink nie politicians neem die misdaadkwessie ernstig op nie.

“Hulle gaan net meer beloftes maak sonder om enige verskil te maak.

“Hulle soek net votes vir die verkiesing. Dis al.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters