2 jaar gelede
‘Sy help hulle’
bly sit: ’n Groepie inwoners van Eureka Estate het gister voor die Goodwood- landdroshof met plakkate betoog teen borgtog. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE cops is op soek na die ma van die twee­jarige meisie wat na bewering verkrag en mishandel is.

Ursula Pace (30) van Elsiesrivier wat na die meisietjie omgesien het, het gister in die Goodwood-landdroshof op aanklag van ernstige aanranding verskyn.

Pace is Vrydag by haar huis in Craigstraat in Eureka­ Estate gearresteer.

Pace se boyfriend, wat in ’n rolstoel sit, meen die klagte teen haar is ongegrond.

Volgens die boyfriend, Gershwin Enslin (28), was Ursula nog net goed vir die ma en klein meisietjie wat rondgeswerf het.

Enslin sê: “Die ma en kind het altyd by my girlfriend gekom. Sy het hulle versorg en kos gegee.

“Die ma het op die straat met die kind gebly en gekom en gaan soos sy wil.

“Die kind se ma is op drugs en het net verdwyn en die kind by ons gelos.

“Toe hulle hier kom, was die kind en ma erg verwaarloos. Hulle al twee se hare was vol luise.

“My girlfriend het hul hare afgesny en versorg. Die kind se ma is die enigste een wat weet wat met haar kind gebeur het.

“Sy het met daai kind so gekom by ons. My girlfriend is die ma van twee seuntjies en sal nie so iets aan ’n kind doen nie!”

Gebrand

Volgens Enslin was Pace Woensdagmiddag besig om oogsalf aan die kind se oë te smeer toe Debbie van Rensburg die kind kom haal by haar.

Hy beweer die kind se oë was toe en het getraan en gebrand.

Volgens Van Rensburg (53) het mense in die omtrek haar gevra om die kind te gaan haal oor die kind die vorige dag baie gehuil het.

Sy vertel: “Die kind het blou kolle op haar rug en ook op haar bene gehad.

“Ek het die kind droog gemaak en gesien daar is brandmerke in haar lieste en ook op haar vagina en agterstewe.

“Ek het die polisie en die ambulans gebel.

“Die dokter by Karel Bremer-hospitaal het bevestig die kind is van voor en agter verkrag.”

Die meisietjie is steeds in die hospitaal.

Die 30-jarige vrou sal op 5 Maart weer in die Goodwood-landdroshof verskyn wanneer sy om borgtog gaan aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters