13 dae gelede
Swanger vrou ook in ongeluk beseer
taxi
Die taxi het teen 'n palisadeheining tot stilstand gekom.  ~ Foto Verskaf / ER24

ALTESAAM 11 mense, insluitend 'n swanger vrou, is Woensdagoggend beseer toe 'n taxi en 'n motor in Table View teen mekaar gebots het.

Die voorval het voor 08:00 by die kruising van Blaauberg Road en Jannsens Avenue plaasgevind. Die taxi het na die botsing teen 'n palisadeheining tot stilstand gekom.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die elf mense, waaronder 'n negejarige seun, het ligte tot matige beserings opgedoen.

Meiring sê die beseerdes is op die toneel behandel en agterna na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die voorval word nog ondersoek.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters