27 dae gelede
Swaar reën lei tot oorstromings
rainy and overcast day in cape town
Swaar reën in die Kaap het tot oorstromings en ontwortelde bome gelei.  ~ Foto ter illustrasie: News24

DAKKE is vanaf huise in Manenberg, Heideveld en Lavender Hill gewaai en verskeie bome regoor die Kaap is ontwortel ná swaar reën oornag in die Wes-Kaap uitgesak het.

Luidens 'n verklaring van die Stad Kaapstad is 'n huis in Tokai asook voertuie in Waterloo Village in Gardens beskadig toe bome weens sterk winde ontwortel is.

Verskeie informele nedersettings regoor die stad het ook oorstroom.

Die Stad sê hul departement van informele nedersettings gaan flood kits verskaf en die vervoerdepartement gaan uithelp met sand en saagsels.

Sassa gaan ook versoek word om humanitêre bystand te verleen.

Die stadsraad se departement van paaie en stormwater gaan ook omsien na die verskeie paaie regoor die stad wat oorspoel het.

Lees in more se Son meer oor die verwoesting wat die swaar reën gebring het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters