5 maande gelede
Suster se gesmeek maak nie hart sag
TONEEL: Familie van Tazne van Wyk het afskeid van haar gaan neem op die plek waar haar liggaam gedump is.  ~ Jonathan Lestrade

SELFS nadat Moyhdian Pangarker se suster in ’n telefoonoproep by hom gepleit het om bos te los oor wat hy met Tazne van Wyk gedoen het, het hy zip gekap.

Pangarker het alles aanhou ontken, al het Nazli Pangarker hom byna 10 minute lank aan die praat probeer kry.

Son is in besit van ’n opname van dié gesprek.

Dit het plaasgevind kort voordat Tazne se lyk gevind is.

In die oproep kan gehoor word hoe Pangarker sy suster probeer oortuig hy het haar nie gevat nie.

Nazli: “Hallo, Moyhdian. Is Naz, man. Here, kanalla, waar is jy, man?

Nazli: “Moyhdian, Here, as jy nie die kind het nie, moet jy mos vir hulle sê.

Pangarker: “Wat moet ek vir die f*kk*n mense sê? Wat moet ek met die kind maak? Waddehel?”

Hoerhuis

Nazli: “Die mense sê jy is Parow toe met die kind. Jy’t die kind by die meisie gelos, toe is die meisie ingeneem polisiestasie toe. Toe kom haal jy weer die kind.

“Hulle het jou gesien Parow­stasie toe stap met die kind. By ’n hoerhuis daar by 40.”

Pangarker: “Waar? In die Parow?”

Nazli: “Hulle skud almal se huise uit. Ek is al siek. Ek weet nie meer wat om te dink nie.

Pangarker: “Ek is al so gatvol, wiet jy?”

Nazli: “Ek net so. Ek weet nie meer ... Oukei, jy het mos nou nie die kind nie. Oukei, fine, die ding is: Laat die polisie net in kennis gestel word dat jy nie die kind het nie. Jy maak dinge vir jou swaar as jy nie die kind het nie. Jy maak jou mos nou skuldig.”

Pangarker: “Dieselfde ding moet ek oor en oor hoor.

Nazli: “Die polisie terrorise ons en die mense. Ek kan nie eens werk toe gaan met die taxi nie, dan gaan hulle aan.

Pangarker: “Vir wat?”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters