4 dae gelede
Suspects loop hof ná moord
skaal draai: ’n Landdros moet môre hof loop op klagte van afpersing en korrupsie.Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

VYF mans het gister in die Strand- landdroshof verskyn vir die moord op Orlando Hess.

Volgens die polisie is Hess Sondagaand in die plakkerskamp Morkel Cottage vermoor.

Hy is drie keer met ’n skerp voorwerp in sy bors gesteek.

Die polisie ondersoek nog die rede vir die moord.

Bekommerd

Die saak teen Ismael Robertson, Wesley van Neel, Tiaan Fortuin, Junani Bailey en Dillion Hendricks is tot 19 Desember uitgestel vir borgtog-aansoeke.

Son het verneem mense is bekommerd oor vergeldingsaanvalle op die families van die beskuldigdes.

Maandag laatmiddag het ’n groep mense glo probeer om die mense in Morkel Cottage aan te val.

Die polisie is ingeroep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters