3 maande gelede
Sus: Tóé het bin niks in
wag: Shakoor Roberts het hom glo dik gerook aan dagga. FOTO’S Verskaf  ~ 

GAFSA Roberts het ’n aanrandingsaak gemaak teen die seun wat nou teregstaan vir haar moord.

Die Sondag voordat die 61-jarige ma se lyk gevind is, het haar seun, Shakoor Roberts (25), in “swag” klere in die pad geloop, het die hof gister gehoor.

Gafsa was drie dae vermis toe haar lyk in ’n wheelie bin voor haar huis in Winterhoekstraat, Tafelsig, gevind is.

Volgens ’n lykskouing was sy erg mishandel.

Gafsa se een dogter, Madeega Jacobs, het gister getuig haar ma en haar broer het ’n op en af verhouding gehad.

Terwyl Jacobs getuig het, het Roberts koud na sy suster gestaar.

Volgens Jacobs het sy geweet van ’n interdik wat hulle ma teen Roberts uitgehaal het.

Gafsa het ook ’n saak van aanranding teen haar seun gemaak, maar dit later teruggetrek.

Jacobs het getuig hulle het die huis die Sondagaand deursoek, maar daar was geen teken van haar ma nie.

“Daar was niks in die drom toe ons gesoek het nie. Die drom was leeg.”

Jacobs het toe huis toe gegaan en die next dag ’n oproep gekry dat haar ma dood in die bin gevind is.

Die saak is tot Donderdag uitgestel.

Roberts se Legal Aid law­yer het daarop gewys dat hy gaan getuig en dat hy nie weet hoe sy ma in die bin beland het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters