9 maande gelede
Strenger reëls ‘sal die land laat ly’
Peter Afrika sê: As ons na vlak 4 of 5 teruggaan, sal dit nag wees vir ons. Dit gaan die ekonomie lamlê. Die corona-virus maak nonsens. Dit maak ons dood. Dis erger as TB. Die corona-virus kom baie aggressief en kom haal dié wat syne is. Maar ek haal my hoed af vir pres. Ramaphosa, want hy doen sy deel in die fight teen Covid-19. Hy is nie soos (die Amerikaanse president) Donald Trump nie.  ~ Anele Mfazwe

DAAR is oral sprake van ’n tweede vlaag van Covid­-19 wat op pad is.

In Europa het gevalle van die virus weer toegeneem en een ná die ander land is besig om inperkingsmaatreëls weer strenger toe te pas.

Suid-Afrika het ook ’n lys lande uitgereik wat hy as onveilig beskou om na te reis. Dis sluit baie Europese lande in, asook Amerika.

Maandag is 1 461 nuwe gevalle plaaslik aangemeld. Die virus het al 18 492 lewens hier geëis.

Sowat 4,5 miljoen mense is landwyd getoets, van wie 705 254 positief was.

In die Wes-Kaap is 114 534 positief getoets.

Covid-19 het selfs die nasionale minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, en sy vrou, dr. May Mkhize, aangetas.

Maar hoe voel ons mense oor nog ’n streng lockdown? Wat meen hulle gaan gebeur as so ’n vlaag weer oor ons ekonomies ernstig geknoude land spoel?

Son het met inwoners in Mitchells Plain gepraat oor die moontlikheid van nog ’n streng lockdown soos ons gehad het op vlak 4 en 5.

Die meeste meen dit gaan net erger armoede en werkloosheid bring.

Linda Fell sê: “Dis ’n groot joke vir mense hier in Mitchells Plain. Mense sal vir jou in jou gesig sê corona-virus bestaan nie.

Opgemaak

“Om jou die waarheid te sê, Mitchells Plain was nog nooit onder lockdown nie. Die lewe het hier aangegaan onder vlak 4 en 5 asof daar nie lockdown was nie.

“So, al gaan ons terug na vlak 4 of 5, gaan dit nie baie verskil maak nie. Want die lewe hier sal soos normaal aangaan.”

Shireen Williams sê: “Mense glo nie die corona-virus bestaan nie. Hulle dink dis iets wat die regering opgemaak het.

“Mense wil eers hê iemand wat hulle ken, moet van die corona-virus doodgaan. Dán gaan hulle dit glo.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters