8 dae gelede
Strandgangers moet versigtiger wees
SoektogFoto: NSRI  ~ 

STRANDGANGERS sal versigtiger moet wees.

Dit kom nadat drie persone, onder wie twee tienerseuns, die afgelope week in afsonderlike voorvalle in Kaapstad verdrink het.

News24 berig 'n man se liggaam is Saterdag op 'n strand gekry, terwyl twee ander voorvalle Vrydag aangemeld is. 

Volgens die nasionale seereddingsinstituut is dit bevestig dat die liggaam wat Vrydagoggend omstreeks 11:00 op Mnandi-strand gekry is die van die man is wie verlede Sondag verdwyn het toe hy gaan swem het.

Intussen is daar Vrydagmiddag omstreeks 17:30 alarm gemaak oor 'n 14-jarige wie moeilikheid ervaar het toe hy by Monwabisi gaan branderplankry het.

Beide die NSRI en nooddienspersoneel het reageer maar hulle kon nie die tiener kry nie.

Craig Lambinon, 'n woordvoerder vir die NSRI, sê: "Ten spyte van 'n uitgerekte see en kuslyn soektog is daar geen teken van die tiener nie. 

"Die polisie se duikeenheid en wetstoepassing van die Stad Kaapstad sal saam met die NSRI voortgaan met die soektog."

Nog 'n verdrinking is omstreeks 18:00 Vrydag by Lagoon strand in Milnerton aangemeld.

'n 13-Jarige seun is deur 'n verbyganger gered uit die see gered, wie ook mond-tot-mond asemhaling begin toepas het. Nooddienswerker het ook probeer om die seun se lewe te red, maar hy is op die toneel doodverklaar.

"Die twee verdrinkings het tydens 'n uitgaande gety plaasgevind en dit blyk in beide gevalle was die tieners in sterk skeurstrome vasgevang."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters