14 dae gelede
Strand-vrou se killer kry 50 jaar
KNAP: Lt.kol. Franklin Plaatjies, bevelvoerder van die Strand-polisiestasie, wens die ondersoekbeampte, konst. SS Makanjana, geluk met die knap speurwerk wat tot Karelse se suksesvolle vervolging gelei het.  ~ Ian Baard

BRIAN Karelse, die moordenaar van Margaret Linders (59), is Donderdag in die Kaapse hooggeregshof hof tot 50 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Linders is tussen 19 en 20 Oktober 2018 in haar tuinwoonstel in Constantiastraat in die Strand vasgebind en vermoor. Haar landlady het die lyk ontdek toe sy ná ’n vakansie van Gauteng af teruggekeer het.

Linders se lyk is onder haar bed gevind en haar VW Citi Golf was missing.

Die kar is later verlate in Macassar gevind. Die saak het die polisie van Strand laat kopkrap en hulle het verskeie dorpe in die Boland besoek om die skuldige te probeer vastrek.

Klagte

Weke ná die moord is Karelse danksy knap speurwerk in Macassar opgespoor. Hy was ten tyde van die moord uit op parool.

Karelse se vonnis sluit in die klagte van moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die doel om te roof.

Die hof het gelas dat Karelse eers ná 20 jaar weer vir parool in aanmerking mag kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters