13 dae gelede
Straat kry fonteintjie toe waterpyp bars
darcasstraat,waterpyp
Vir drie uur het Darcasstraat in Epping hierdie fonteintjie gehad.  ~ Verskaf

VIR drie uur het Darcesstraat in Epping 'n fonteintjie hierdie week gehad.

Steven Theron vertel: "Daar het Dinsdag 'n waterpyp gebars en toe spuit die water.

"Die voorval het omstreeks 10uur die oggend gebeur en dit het die Stad Kaapstad sowat drie uur geneem om mense te stur om dit te fix."

Hy noem: “Toe ek die City bel kon ek met niemand praat nie. Ek moes aanhou en aanhou en aanhou.

"Toe ek finally met iemand praat was ek weer van die een person na die ander deurgesit.”

Theron het toe maar 'n buurtwag organisasie in die omgewing gebel. Dis toe hy na die regte mense verwys is.

Nadat Thereon uiteindelik met iemand kon praat is hy gesê daar word nou mense uitgestuur.

Xanthea Limberg, mayco-lid vir water en sanitasie, bevestig 'n telefoniese klag is Dinsdag om 10:22vm ontvang.

“Die call is om 12:21 na die plaaslike water en sanitasie-distrikspan deur gesit en daarna is 'n tegnikus uitgestuur.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters