3 maande gelede
Stories los oor Cremer
Gemis: Meghan Cremer se familie en vriende kan steeds nie oor haar dood kom nie.Foto: Facebook  ~ 

AS DAAR een ding is wat mense lief is om te doen, is dit om stories op te maak.

Dit gebeur gewoonlik wanneer iets sensitiefs gebeur het of besig is om te gebeur.

Dis presies wat die familie en vriende van die vermoorde Meghan Cremer (30) ervaar en saam met hulle pyn en smart rooi laat sien het.

Asof dit nie genoeg is dat hulle in Vrouemaand hulle geliefde dogter, suster en vriendin moet begrawe nie, ontvang ’n vriendin van Cremer na bewering doodsdreigemente.

’n Pratery tussen nuuskieriges oor een van die beskuldigdes in die moord op Cremer het so ver gegaan dat gesê is die kind van Cremer se vriendin het met een van die verdagtes uitgehang.

Die storie het geloop dat Jeremy Sias (27) na bewering vriende met die Mohr-familie was. Dis dieselfde vriendin by wie se huis Cremer laas gesien is.

Linda Mohr het haar saak op Facebook gestel. “Hy is op een van ons familie se plase gebore.”

Volgens die post was Sias wel een van die werkers op hulle plase, maar het nooit metdie perde of klante gedeal nie.

“Ons is hartseer oor Meghan se dood, maar nou ook geskok dat Jeremy­ dalk betrokke is.”

Drie beskuldigdes – Sias, Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34) – het laas week vlugtig in die Athlone-landdroshof verskyn omdat Cremer se kar in hulle besit gevind is.

Dis dieselfde kar waarin Cremer, ’n bekende perderuiter van Knysna, laas lewend gesien is.

Toe sy die volgende dag nie vir werk opgedaag het nie, is sy as vermis aangemeld.

Petisie

Kapt. FC van Wyk van die polisie het bevestig Sias gaan ook van die moord aangekla word.

Intussen het die petisie wat opgestel is teen borgtog vir die drie nou sowat 30 000 handtekeninge.

Sias, Daniels en Jaftha sal Donderdag weer in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters