4 dae gelede
Sterk winde op pad
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JUNE 8: Capetonians batt
Sterk winde gaan na verwagting Donderdagmiddag die skiereiland tref.  ~ Gallo Images / Esa Alexander / Sunday Times

STORMSTERKWINDE sal na verwagting Donderdagmiddag die Kaapse skiereiland tref.

Stad Kaapstad se noodspanne is reeds voorbereid vir moontlike skade wat dit kan bring.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se waarskuwing sal die sterk winde waarskynlik werksaamhede by klein hawens ontwrig.

Klein vaartuie is gewaarsku om skuiling te vind omdat dit die gevaar loop om op die oop see omgewaai te word.

Luidens SAWD se verklaring kan winde van tot 70km/h en rukwinde van tot 100km/h van Donderdag tot Saterdag tussen Saldanha- en Plettenbergbaai verwag worrd. 

In die binneland word sterk tot stormsterk noordoostelike winde in die Namakwa-distrik en dele van die Wes-Kaap verwag wat teen Vrydag na die Tuinroete sal versprei. Kusdorpies sal na verwagting die ergste deurloop met formele- en informele nedersettings wat skade kan ly. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters