5 dae gelede
Steeds geen ooreenkoms oor taxi-twis
Transport Minister Fikile Mbalula and WC Transport
Fikile Mbalula, minister van vervoer, en Daylin Mitchell, Wes-Kaapse LUR oor vervoer en openbare werke.  ~ Jenni Evans

DAAR is nog geen ooreenkoms bereik in die onderhandelinge tussen strydige taxiverenigings in die Wes-Kaap nie.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, en die Wes-Kaapse LUR oor vervoer, Daylin Mitchell, het Donderdagoggend gesê Cata en Codeta sit nog om die onderhandelingstafel.

Mitchell voeg by hy oorweeg nog of die betrokke taxiroetes gesluit moet word of nie.

Die taxiroetes is die Mbekweni en Bellville roetes.

Mitchell beklemtoon: "Ons sluit nie die deur vir enige vorm van onderhandeling nie. Ek het 'n verantwoordelikheid om te verseker geen lewe word geneem nie."

Mitchell voeg verder by hy kan nie sê of daar Vrydag meer taxi's as vandeesweek gaan wees nie.

Volgens hom sal taxi's Vrydag net beperkte dienste lewer.

Hy hou egter vol daar is nog taxi's op Kaapse paaie, hoewel dit minder as gewoonlik is.

Mbalula sê geen vlak van die regering is nie by die onderhandelinge betrokke nie.

Hy sê egter die provinsiale regering speel n leidende rol en die nasionale regering speel net 'n ondersteunende rol.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters