10 dae gelede
Stats se prentjie donker
minister promise: Die nasionale polisieminister, Bheki Cele, hou dik dat misdaad sal afneem.Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

ELKE dag is ’n goeie dag vir moord in die Wes-Kaap.

Die jongste misdaadstatistieke bewys dit maar net weer.

Elke dag is daar 10 moorde, 10 pogings tot moord, 19 seksoortredings en 116 sake van diefstal. Intussen staan dwelmverwante misdade op 320 per dag.

Te midde van dié treurige prentjie klink die minister van polisie, Bheki Cele, se woorde gister ietwat hol: “Ons sal sorg dat die land nóóit wetteloos word nie.”

Beter

Cele, met sy swart hoed op die kop, moes wel erken cops het die misdaadbal mis gevang en dit het gelei tot die stygende misdaadsyfers.

Hy maak selfs ’n wilde belofte dat hy sy kop saam met die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, en dié se adjunkte op ’n blok sal sit dat die syfers volgende jaar beter sal lyk.

Intussen sit die Wes-Kaap met ’n terrible misdaad­rekord en die land se moordhoofstad is Nyanga. Moorde hier het van 281 moorde na 308 toegeneem.

Van die polisiestasies landwyd wat die meeste vuisvoos is van misdaad, is die meeste in die Wes-Kaap.

Onder die toptien is Philippi-Oos, Delft, Khayelitsha, Kraaifontein, Guguletu en Mfuleni.

Philippi-Oos het ook ’n toename van 36,7% in moorde getoon – die grootste sprong in die land.

Die Marikana-bloedbad by Philippi-Oos, waar 11 mense binne ’n uur vermoor is, het dié stasie in die derde plek in die land geplaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters